Karoo Bush Hunt

Africa · South Africa · Western Cape · Beaufort West
  • +27 82 5463630
  • +27 82 5463630
Image Two

About Us

Die plaas is ongeveer 3,300 hektaar groot en verdeel in 10 kampe, wat die tradisionele Karoo voorsit en “walk-and-stalk” jag uiters maklik maak, want ons weet jy kom om te jag nie om gefrustreerd rond te jaag agter wild aan nie. 

Die plaas beskik oor 2 kampe waarin ons die jagters huisves, een wat bestaan uit 4 klip chalets, ’n oop kombuis en kroeg area, ’n eet gedeelte en ’n oop kampvuur area asook toilet en stort geriewe. Alhoewel ons nog op die kerskrag basis werk (want as jy ’n lig wou aanskakel sou jy dit by die huis gedoen het) is daar wel ook warmwater wat geduldig voorsien word deur ons eie steeks donkie. 

Ons bied 2 tipe jagte aan die tradisionele winter jag (vanaf April – September) en dan ons eie kenmerk jag: die Somer Siësta Jag (vanaf Oktober – Maart) 

By KBH is ons trots daarop om al ons kliënte vriende en pelle te noem en elke jag ’n absolute onvergeetlike ondervinding te maak. 

U is meer as welkom om deur ons foto galery en res van ons webblad te gaan en wanneer die jag drang te erg raak (want dit gaan) en die reuk van die karoo te lank vergete raak, stuur ’n epos dan maak ons saam ’n plan om iets uit te werk wat albei van ons pas. 

Image Gallery

Features

Map : Africa, South Africa, Western Cape, Beaufort West

  • Disclaimer

    Hunting Operator.com is not liable for price changes and you are to contact the hunting operator for latest rates on the contact form below.